Trump se aanklagte is politieke skuif – Pence

Die voormalige visepresident van Amerika, Mike Pence, sê die besluit van ‘n groot jurie om oudpresident Donald Trump aan te kla, is ‘n skande en geen diens aan die land nie. Trump word aangekla oor geld wat na bewering tydens sy verkiesingsveldtog in 2016 aan ‘n aktrise van volwasse flieks, Stormy Daniels, betaal is om haar stilswye te koop. Hy sal na verwagting volgende Dinsdag in die hof verskyn. Pence sê dis ‘n politieke skuif deur die aanklaer en die Amerikaners sal dwarsdeur dit sien: