Trump sê Harris is ‘kommunisties en fascisties’

Donald Trump het Saterdag tydens ‘n saamtrek in die slagveld-staat Pennsylvania probeer om sy veldtog te herstel, terwyl meningspeilings wys dat Kamala Harris in sleutel-swaaistate voorloop. Maar die voormalige president het vinnig weggebreek van die voorbereide toespraak oor ekonomiese kwessies om persoonlike aanvalle op Harris te loods.  Hy het onder andere haar agenda beskryf as beide kommunisties en fascisties, en dat sy “die lag van ‘n mal persoon” het. Luister self.