Tshwane monitor masels, 3 nuwe gevalle
Die Stad Tshwane sê hy hou drie nuwe laboratorium-bevestigde masels-gevalle fyn dop. Daar is verlede week bevestig ‘n vyfjarige meisie van Nuwe Eersterus en ‘n negejarige seuntjie van Olievenhoutbosch het masels opgedoen. Die twee jongste gevalle volg ná nog ‘n bevestigde geval van ‘n 14-jarige seun van Soshanguve. Hy is op 25 Januarie gediagnoseer en het dadelik gesondheidsorg ontvang. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê Pretoria het nou 17 bevestigde gevalle van masels sedert Mei verlede jaar: