Turkye: Dis soos ‘n nimmereidigende gruwelfliek
Die stigter van liefdadigheidsorganisasie Hand in Hand for Aid and Development, Faddy Sahloul sê die tonele in Gaziantep, Turkye is hartverskeurend. Daar is groot kommer oor die vlakke van trauma vir die oorlewendes in Turkye en Sirië na nog ‘n 6,4 aardbewing Maandagaand voorgekom het. Sahloul sê aan Britse media dat dit is asof hulle vasgevang is in ‘n nimmereindigende gruwelfliek.