Uganda-betogers gearresteer
‘n Ugandese landdroshof het ten minste 42 jeugdiges aangekla vir misdrywe wat na bewering tydens ‘n verbode teenkorrupsie betoging gepleeg is. Hulle het onskuldig gepleit en bly in aanhouding. Betogers het Dinsdag deur strate in die hoofstad Kampala opgeruk met plakkate wat korrupsie deur wetgewers aan die kaak stel. Die klagstaat het verskeie oortredings uiteengesit, insluitend “ledigheid en wanordelikheid” en een van “algemene oorlas”.