Uitvoerende direkteur in onderwysministerie reageer op beweerde heksery in skool
Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie het gereageer op die Kunene-streek se onderwysdirektoraat wat gaan ondersoek instel nadat meer as 90 persent ouers hul kinders uit die Otjikondavirongo Primêre Skool naby Epupa gehaal het. Dit volg op bewerings van heksery en satanisme teen die koshuismatrone. Epupa se skoolinspekteur Josua Shikongo sal volgende week die skool besoek om ‘n vergadering met die skoolhoof, personeel en skoolraadslede te hê. Die uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is sekere skole wat agter heksery wegkruip, maar gewoonlik is dit die leerders wat negatief geraak word.