Vakbond eis veiliger hospitale

Die vakbond Health and Allied Workers Indaba sê hy veroordeel Gauteng se gesondheidsdepartement wat nie pasiënte en werkers veilig hou nie. Dit volg nadat ‘n manlike verpleër by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg deur twee mans met ‘n skerp voorwerp gesteek is. Die aanvallers het na bewering die verpleër genader wat buite was vir ‘n ruskans en hom van sy selfoon probeer beroof voordat hulle hom aangeval het. Bafana Tshabalala van die vakbond sê die departement moet veiligheid en sekerheid by hospitale ernstig opneem.