Valke arresteer 222 bedrogverdagtes 

Die nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke in die buurland, Godfrey Lebeya, sê die Valke het die grootste aantal bedrogsake in alle provinsies ondersoek en 222 verdagtes in hegtenis geneem. Hy sê 126 verdagtes is aangekeer weens ernstige kommersiële misdaad en onwettige mynbou. Altesaam 96 verdagtes is in hegtenis geneem vir koperkabeldiefstal en opsetlike beskadiging van spoorlyne. Lebeya sê ook ernstige korrupsie bly een van die grootste bedreigings vir die land.