Veediefstal, bosslagtings duur voort
Veediefstal en stropery duur onverpoosd voort. Daar word berig dat 18 Bonsmara koeie in een dag op die plaas Otjovasandu net noord van Outjo, geslag is. Van die diere was dragtig. Die boer, Diethelm Redecker het aan plaaslike media gesê dit is nie duidelik presies wanneer die diere geslag is nie omdat die velle omgedraai was sodat dit nie aasvoëls lok nie. Boere is sat vir bosjagters en veediewe wat herhaaldelik borg kry en net weer oortree omdat daar ‘n informele kapana-mark is en ‘n permit om wildsvleis vir ses maande te verkoop kos ‘n skamele 50 Namibiese dollar. Boere het verlede jaar verskeie vergaderings met owerhede gehad oor die toenemende misdaad op hulle plase.