Venaani bring hulde aan Kaura

Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het hulde gebring aan die ontslape voormalige DTA-president, Katuutire Kaura. Die 80-jarige Kaura, ‘n voormalige parlementslid, was die DTA se president vanaf 1998 tot 2013. Venaani deel sy herinneringe van Kaura en sê hulle het ‘n lang politieke pad saam gestap.