Venaani: Gebrek aan mededingendheid in onderwys
McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergaderinge die onderwyskwessie aangespreek, asook sommige van die redes waarom Namibië ‘n groot aantal druipelinge in graad 12 gehad het. Hy sê daar is ook ‘n gebrek aan mededingendheid in die onderwyssektor. Venaani sê leerders word nie uitgedaag nie en hulle is nie gemotiveerd nie. Hy het verwys na skole van uitnemendheid wat Namibië in die apartheidsera gehad het.