Verlenging van R350 toelaag gaan nie SA jeug help nie

In Suid-Afrika het die finansminister Enoch Godongwana ook sy begrotingsrede gelewer en daar is reeds kritiek. Die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel het sy kommer uitgespreek oor die duisende werklose gegradueerdes wat ontvangers is van die maatskaplike noodverligtingstoelaag. Godongwana het die verlenging van die toelaag tot Maart 2024 aangekondig. Die waarnemende direkteur-generaal van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel, Michael Currin, het die regering gevra om ander ingrypings te ondersoek om jongmense te help. Hy sê die 350 Suid-Afrikaanse rand is nie ‘n oplossing nie.