Vermeende brandstigter van parlement sal vir sielkundige evaluering gaan

Die man wat aangekla word van brandstigting in die parlement in Kaapstad, sal vir sielkundige evaluering gaan. Landdros Zamekile Mbalo het ingestem tot die Staat se aansoek om Zandile Mafe vir ‘n tydperk van 30 dae vir evaluering na die Valkenberg Hospitaal in Kaapstad te stuur. ‘n Distriksgeneesheer het hom met paranoïese skisofrenie diagnoseer. ‘n Aanklag van terrorisme is ook nou teen hom ingebring. Mafe, wat dreig om op ‘n eetstaking te gaan indien sy borgaansoek nie voortgaan nie, word verteenwoordig deur die senior advokaat Dali Mpofu.