Vermeende daggasmouse borgtog geweier
Twee Namibiese mans wat vir die onwettige besit van dagga ter waarde van byna 1,5 miljoen Namibiese dollar op Keetmanshoop ná ‘n jaagtog vasgetrek is, is borgtog in die hof geweier. Die saak van die 28-jarige Jamee Afrikaner en 21-jarige McDonald Claasen in die Keetmanshoop-landdroshof is tot 15 Junie vir verdere ondersoek uitgestel. Tydens ‘n jaagtog het vier verdagtes uit die voertuig gespring en met sakke weggehardloop. Nampol kon dié twee aankeer en het die sakke deursoek. Beslag is op 20 sakke dagga van 20,9 kilogram gelê en die voertuig is geskut hangende verdere ondersoek.