Versigtig vir onwettige skole
Die onderwysaktivis in Suid-Afrika Hendrick Makaneta maan ouers en leerders om waaksaam en op die uitkyk te wees vir skole wat onwettig in die land bedryf word. Die eksamenwaghond Umalusi het verlede jaar gewaarsku teen die vinnige toename in onwettige aanlyn skole en die toename in aangemelde gevalle van vals sertifikate. Makaneta sê onskuldige en niksvermoedende studente is lank genoeg bedrieg deur misdadige elemente wat ongeregistreerde skole bedryf: