VF Plus sê swak bestuur lei tot verval van munisipaliteite
Die Vryheidsfront Plus beweer swak beheer en bestuur dra by tot munisipaliteite se agteruitgang, veral onder ANC-bewind. Dit volg nadat die ouditeur-generaal ouditmenings van 27 munisipaliteite weerhou het weens ongerymdhede, terwyl 203 munisipaliteite versuim het om te begroot vir infrastruktuur-instandhouding. Die VF Plus sê slegs 45 persent van alle munisipaliteite het infrastruktuur-herstelplanne gemaak, met ‘n skamele nege persent wat ten volle ingestel is. Die woordvoerder, Michal Groenewald, sê meer as 600 sake van bedrog en korrupsie word by munisipaliteite ondersoek.