VF Plus vra Pravin oor korrupsie
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, doen ʼn beroep op die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, om enige bewerings van korrupsie by Eskom openbaar te maak. Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het hom uitgespreek oor politieke inmenging en bedrog by die kragvoorsiener, insluitende ʼn minister wat beweer het oneerlikheid kan geregverdig word indien dit in belang is van die groter prentjie. Groenewald waarsku korrupsie het deur die hele regering versprei.