Voorgestelde paaieraad duplisering van pligte: PDM
Die Wetsontwerp op Paaie wat in die parlement ingedien is, word tans gedebatteer. Die wetsontwerp beoog om ‘n paaieraad te vestig, om onder meer bystand en advies aan die Paaieowerheid of die vervoerminister te gee oor alle aangeleenthede wat verband hou met paaie. Die opposisie PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, betoog ‘n paaieraad sal ‘n duplisering van pligte wees en meer geld kos.