Voorvonnis-verhoor van Laura Dickason weer uitgestel

Die Suid-Afrikaanse ma wat haar drie klein kinders op 16 September 2021 in Timaru Nieu-Seeland vermoor het, se voorvonnisverrigtinge is vandag weer uitgestel in Christchurch in die land. Geen nuwe datum is vandag vasgestel nie. Laura Dickason is in Augustus verlede jaar skuldig bevind aan die moord op Liane, 6, en die twee-jarige tweeling Maya en Karla. Sy het hulle versmoor kort na die familie na Nieu-Seeland geëmigreer het.