VSA miljardêr en seun verlaagde prys aangebied vir diepsee reis op Titan
‘n Amerikaanse miljardêr en sy seun is kaartjies teen ‘n verlaagde prys aangebied om op die Titan-diepduikvaartuig se noodlottige vaart te gaan, maar hy het dit weens skedulerings-kwessies afgewys. Sky News haal Jay Bloom aan wat gesê het “tomorrow is never promised” toe hy die boodskappe onthul het wat Stockton Rush, die uitvoerende hoof van die maatskappy wat die Titan besit het, aan hom gestuur het. Hy was een van die vyf mense wat in die katastrofiese inploffing van die diepsee-tuig naby die wrak van die Titanic gesterf het. Rush het Bloom kaartjies teen net meer as twee miljoen Namibiese dollar elk aangebied.