Vyfde VN-vredesmaglid in Libanon gewond
Die Verenigde Nasies se tussentydse mag in Libanon, UNIFIL, sê ‘n vyfde VN-vredesmaglid is in Naqoura in geweervuur gewond. Die oorsprong van die aanval is nie bekend nie en die vredesmaglid is bestendig na ‘n operasie. Dit volg nadat wêreldleiers aanvalle op UNIFIL-personeel deur Israelse magte in die suide van Libanon veroordeel het, na die tweede voorval binne twee dae. Die Israelse weermag het Vrydag gesê sy troepe was verantwoordelik vir ‘n voorval waarin twee soldate van Sri Lanka vir UNIFIL gewond is.