Vyfjaar-projek ondersteun Namibiese woude  

Die Namibiese omgewings- en landbouministeries sal in vennootskap met die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies op 2 Maart ‘n vyfjaar-projek oor geïntegreerde landskaps-bestuur op Rundu van stapel stuur. Die projek het ten doel om die volhoubare gebruik van  natuurlike hulpbronne van die Mopane-Miombo-woude in die Noorde te ondersteun. Die projek word deur die Global Environmental Facility befonds met ‘n totaal van 6,1 miljoen Amerikaanse dollar wat 11 lande in Afrika en Asië sal bevoordeel. Kommunikasiebeampte vir die Voedsel- en Landbou-organisasie se Namibië-kantoor, Phillipus Tobias, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.