Wallabies-afrigter onder druk teen Pumas
Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, is onder groot druk voor die naweek se Rugbykampioenskapstoets teen die Pumas in La Plata. Australië is heel onder aan die punteleer na twee groot nederlae teen die Springbokke, terwyl Argentinië slegs een punt agter die All Blacks is teen wie hulle eers gewen en toe verloor het. Schmidt sê hy probeer die diepte van sy spelersgroep vergroot. Die Pumas hoop om die veteraan-haker, Agustin Creecy, se loopbaan op ‘n hoë noot voor sy tuisskare af te sluit.