Walvisse teen die Kaapse kus

Al is dit nog nie walvisseisoen nie, is ‘n sogenaamde supergroep van 116 boggelrugwalvisse onlangs aan die Kaapse kus opgemerk. Die koue water van die Benguela-stroom en sy opwelstelsel is ryk is aan plantvoedingstof en die sterk wind van die land af, het die ideale omstandighede geskep om walvisse se belangrikste kos, kril, beskikbaar te stel. Dave Hurwitz van die Simonstad Bootmaatskappy het gesê die getal walvisse aan die Kaapse kus raak jaarliks meer en hulle bly ook langer. Daar is selfs ‘n moontlikheid dat hulle in die toekoms nie eers verder suid sal beweeg nie.