Water is ook ‘n dreigende bron van konflik plaaslik

‘n Namibiese ekoloog stem saam dat waterkonflik in Afrika-lande ‘n negatiewe uitwerking op veiligheid en landbou het, wat op sy beurt tot omgewings-uitdagings kan lei. Volgens die IHE Delft-instituut vir Wateropvoeding instituut, het konflikte in Afrika, mededinging en kwynende natuurlike hulpbronne ʼn baie negatiewe uitwerking op die gehalte van water. Dr. Peter Cunningham sê aan Kosmos 94.1 Nuus waterkonflik kan moontlik ‘n probleem in Afrika word waar dit warm en droog is.

Hy sê selfs tussen Suid-Afrika en Namibië is daar al vir 30 jaar ‘n kwessie oor die Oranjerivier.