Wateronderbrekings vir Tsumeb tydens herstel van reservoir
Inwoners van Tsumeb word versoek om water op te gaar vir gebruik, aangesien die dorp in sommige dele wateronderbrekings ervaar as gevolg van herstelwerk wat aan die hoof-waterreservoir gedoen word. Stella Imalwa-Nangolo, woordvoerder van die dorp, het gesê die onderbreking kan in die Uitbreidings 6, 7 en 9 in die gebiede van die lughawe, Kupferquelle, Kuvukiland en Ondundu ervaar word. Volgens haar kan die gebiede deur die impak van lae waterdruk geraak word of glad nie water hê nie. Sy het bygevoeg dat wateronderbrekings enige tyd kan voorkom, totdat die grootskaalse herstel van die reservoir voltooi is.