Welsyn van diere onder die loep
Die Namibiese Dierewelsynsvereniging, Nawa, wil hê Namibië moet ‘n land wees waar die welsyn van diere ‘n prioriteit is en bevorder word. Hulle doen ’n beroep op die publiek om skenkings tydens die feesseisoen te maak wanneer sommige mense hulle diere sonder sorg agterlaat. Die voorsitter van Nawa, Heather Creamer, sê enige skenkings, soos kos, is welkom.