Wes-Kaap beskerm sy gesondheidsgeriewe teen beurtkrag
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand het dringend opgetree om seker te maak gesondheidsgeriewe word beskerm teen die ergste uitwerking van beurtkrag. Die departement het reeds begin om fase een van sy dringend-noodsaaklike hibriede krag-omskakelaars-projek by 51 landelike klinieke regoor die provinsie te installeer, met nog 71 geriewe wat in fase twee bygevoeg sal word. Gerrit Pretorius van die DA sê die inisiatief verskaf ‘n kritieke oplossing vir die yslike probleme wat beurtkrag inhou vir pasiënte en gesondheidsorgverskaffers.