Wes-Kaapse hof staan interdik teen Codeta toe

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, verwelkom die hofbeslissing teen die Congress of Democratic Taxi Associations, Codeta. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het ‘n finale interdik teen Codeta toegestaan wat hulle verbied om die vervoer van leerders in die provinsie te versper, daarby in te meng of dit te keer. Maynier sê dis ‘n oorwinning vir die ouers en kinders van Khayelitsha en omgewing wat reeds weke lank geteister word. Meer as 5 100 leerders het tydens die hoogtepunt van die vereniging se blokkade skool misgeloop.