Wes-Kaapse indiensnemingsyfers styg
Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, sê die indiensnemingsyfers in die provinsie het op ‘n jaargrondslag met 330 000 gestyg, wat ʼn verhoging van 14,7 persent verteenwoordig. Wenger sê daarbenewens het hulle kwartaal-tot-kwartaal die grootste indiensnemingstoename in die land aangeteken, met ʼn bykomende 167 000 mense in diens in die provinsie.