Wes-Kaapse polisie: Moenie losprys aan ontvoerders betaal

Die Wes-Kaapse polisie-kommissaris, Thembisile Patekile, vra slagoffers van ontvoerings om nie ‘n losprys aan ontvoerders te betaal nie. Ontvoeringsake in die provinsie het tussen Julie en September met 13 persent toegeneem, met 248 gevalle wat aangemeld is vergeleke met 219 oor dieselfde tydperk verlede jaar. Patekile sê om ʼn losprys te betaal maak van jou ‘n slagoffer. Hy vra vir ‘n verenigde benadering tussen wetstoepassingsagentskappe en ondersteuning van die gemeenskap in ‘n poging om die ontvoerings te bekamp.