Wetteloosheid op Kaapse paaie neem toe
Die Stad Kaapstad sê ten spyte van veldtogte waar motorbestuurders die geleentheid kry om hul verkeersboetes en dagvaardings af te handel, hoop hul boetes steeds op. Die som van die boetes en dagvaardings wat tydens die jongste verkeersveldtog betaal is, bedra net meer as 4,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die afgelope week se syfer van 27 747 boetes wat uitgereik is, toon dat die wetteloosheid op paaie nie afneem nie: