WGO: 98 lande het minder as 40% van bevolkings ingeënt

Die ongelyke toegang tot Covid-entstowwe vergroot die gaping tussen ryk lande en die ontluikende wêreld. Dit bedreig volgens die Wêreld Ekonomiese Forum die samewerking wat nodig is om gedeelde uitdagings soos klimaatsverandering aan te spreek. Die Switserse stigting waarsku in die jaarlikse Wêreld-risikoverslag dat diegene wat enstowwe het en diegene wat dit nie het nie, toenemend op verskillende weë is. Volgens die WGO het 98 lande minder as 40 persent van hul bevolkings ingeënt, in teenstelling met baie Westerse lande wat tussen 70 en 80 persent van hul burgers ingeënt het.