WGO oor die Covid-19-variant Omikron in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die moederliggaam gaan steeds lande steun om hulle genoom-opsporing te verbeter ten einde die Omikron Covid-19-variant en ander variante wat kommer wek, na te spoor. Tien Afrika-lande het gevalle van die Omikron-variant aangemeld. Ondanks die teenwoordigheid van Omikron in 57 lande wêreldwyd, het meer as 70 lande ‘n reisverbod ingestel, wat meestal lande in Suider-Afrika teiken. Die WGO se streekwoordvoerder, Richard Mihigo sê dit gaan nog twee tot drie weke neem om die volle uitwerking van die Omikron-variant te bepaal