Windhoek Burgemeester-sakeforum wil bande met sakelui versterk
Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid en Stad Windhoek bied môre die 6de Windhoek Burgemeester-sakeforum aan. Dit vind die oggend vanaf half-nege tot twaalf-uur by Stad Windhoek se funksiesaal plaas en is gratis om by te woon. Die forum is in 2016 gestig om bande tussen die Windhoekse munisipale raad en die sakegemeenskap binne die stad te versterk. Na afloop van die aanbiedings sal daar geleentheid wees vir insette en bespreking van die inwoners. Travis Mathews, die kamer se SME-ontwikkelingsbeampte gesels met Kosmos 94.1 Nuus.