Witmielies se prys laer as ’22, maar mahangu lyk goed

Witmielies word uitsluitlik in Namibië vir menslike gebruik geproduseer en is een van Namibië se stapelvoedsels en ‘n beheerde produk. Witmielies word onder droëland-toestande en onder besproeiing geplant. Die besproeiings-gebiede sluit onder meer in die Hardap-besproeiingsprojek, die regerings-projekte langs die Okavangorivier en die Mieliedriehoek. Produksie van droëland-boere is vanjaar laer weens die swak en sporadiese reënvalseisoen. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda van die Namibiese Akkerbouraad gepraat wat sê pryse vir witmielies is laer as verlede jaar en mahungu s’n is hoër as normaalweg.