Zambezi-goewerneur sê hulle is voorbereid op vloede

Die vlak van die Zambezi-rivier by Katima Mulilo staan tans op 5,24 meter met die vloedwater wat reeds in die verre oostelike vloedvlaktes van die Zambezi-streek instoot. Die watervlakke sal na verwagting verder styg en inwoners word gemaan om uiters versigtig te wees. Die Zambezi-streeksgoewerneur, Lawrence Sampofu, sê egter aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is voorbereid sou oorstromings plaasvind.