Zambië kry eerste slegs-vroue teenstropingseenheid

Die eerste teenstropingseenheid in Zambië wat uit vroue bestaan, Conservation Lower Zambezi, help aktief met die beskerming van bedreigde wildspesies. Hulle werk saam met die nasionale parke en natuurlewe-departement om stroping en ander onwettige bedrywighede te verhoed. Woordvoerder Peter Longwe sê hulle werk met plaaslike gemeenskappe saam om oplossings te vind vir die konflik tussen mense en die natuur, veral waar bestaansboerdery beoefen word. Longwe sê dit is ‘n beduidende stap om vroue te bemagtig ten opsigte van bewaring.