Zim se EFF staan agter Zanu-PF se Mangagwa
Die EFF in Zimbabwe sal nie ‘n presidentskandidaat in die verkiesing op 23 Augustus hê nie maar sê hy staan agter die eendersdenkende Zanu-PF se Emmerson Mnangagwa. Innocent Ndibali Sibanda, die organisasie se president in Zimbabwe, sê die besluit is gegrond op Pan-Afrika-alliansies wat hy met Zanu-PF aangegaan het. Mnangagwa is blykbaar die enigste president wat kontinuïteit in grondonteiening sonder vergoeding, en die beskerming van Zimbabwe se soewereiniteit sal verseker. EFF Suid-Afrika het verlede jaar by die Pan-Afrikaanse Parlement vir Zimbabwe se Fortune Charumbira vir die presidentskap gestem. Maar die standpunt wat EFF Zimbabwe ingeneem het, was ietwat anders as die SA party se standpunt. Die SA leier, Julius Malema, het Mnangagwa in Mei in ‘n twiet aangeval omdat hy opposisieleiers tronk toe gestuur het.